Leave a message.

25 Responses

  1. FACEBOOK***
    Ons harte is seer vanoggend. Benise Prinsloo, Ilse Prinsloo, Zanri Prinsloo ons dink aan julle.
    Ben Prinsloo was ‘n amazing mens. Mag julle vertroosting vind in hierdie hartseer tyd.
    Baie liefde

  2. FACEBOOK***
    My liewe kind, tannie is so jammer om die hartseer tyding te kry, ek kan net saam met julle bid dat die Here julle sal deurdra.

  3. Not good news. One of my best friend I’m so so sorry for your loss. May Ben rest in peace.

  4. Baie jammer om te hoor, mag die Here julle deurdra hierdie moeilike tyd. Bid vir julle.

  5. Ons innige meegevoel aan julle familie. Julle is in ons gebede. 🙏
    Ilse Prinsloo, Benise Prinsloo, Zanri Prinsloo. 😢😭Mag Abba Vader julle troos in hierdie moeilike tyd. 🙏❤️

  6. FACEBOOK***
    Gaan jou mis ou grote. Jou liggaam was moeg en jy het seer gehad. Ons harte is rustig in die wete dat jy by Ons Hemelse Vader se voete rus. Dankie vir jare lange vriendskap, liefde en omgee. Ons gaan jou mis ou mater ons vriend Ben Prinsloo Ons harte is stukkend vandag. Rus in vrede Ben. Ons sal na vroulief en kids help kyk. Baie liefde van ons Du Plessis’s 🤗

  7. FACEBOOK***
    Baie hartseer. Gaan mis om hom elke dag te sien ry en te groet langs die pad.
    Sterkte Ilse en kinders

  8. FACEBOOK***
    So bitter jammer om te hoor meisiekind. Sterkte vir julle as gesin deur hierdie moeilike tyd. Mag God self die vertroosting bring. Pappa het diep spore in baie mense se lewens getrap. Hy gaan voorwaar gemis word. Maar dit weet ek verseker. Hy sal nooit met ons wil plekke ruil nie.

  9. FACEBOOK***
    Benise meisie, ek wens ons kon daar wees saam julle…..sterk wees, ons bid vir julle……mag God jul styf vashou….luv u💔

  10. FACEBOOK***
    Ilse and family
    I’m so sorry for your loss🌺
    We at Gauteng Oncology Olivedale send our condolences
    I’m really going to miss Ben, may his soul RIP💗
    Wishing you peace during this difficult tim💕

  11. FACEBOOK***
    Baie jammer om te verneem van julle groot verlies! Gaan my ex Bank kollega en ook kollega in eiendomme mis. Sterkte vir julle almal.

  12. FACEBOOK***
    Ilse, Zanri en Benise ek is geskok toe ek hierdie plasing sien 🥺
    Ons gesin se diep en innige meegevoel met julle groot verlies.
    Mag die Here julle Dra wanneer dit moeilik raak en julle Styf teen Sy Bors vashou wanneer julle alleen voel. Sterkte julle, die familie en Ben se vriende.
    Rus in Vrede Ben 🙏🏼

  13. FACEBOOK***
    My liefste neef, jou plek is leeg en almal verlang na jou teenwoordigheid. Ons gun jou die verheerlikte lewe by Jesus en sien uit om eendag weer saam te lag. Jesus self het gesê geseënd is die wat gebroke van hart is want HY is naby. Vir liefste Ilse, Bernise en Zanri, Tannie Frankie, Gerhard en Goose, sterkte gedurende hierdie afskeid. ✝️💟

  14. FACEBOOK***
    A true gentleman I loved him dearly I will miss you my friend. I will never forget the day first day I met you. You thought I was a 🐉 dragon gone to be with Jesus. Gone but never forgotten

  15. FACEBOOK***
    Agge nee Rin! So opreg jammer vir julle en familie. 🙏
    Drukkie vir jou my liewe Vriendin ❣️

  16. Aaai Ben, net toe jy die argument begin wen oor Ford en Nissan! Die enigste geskenk wat jy ooit vir my gegee het, was die Ford beker.

    Ons gaan die kuiertjies mis! Jou stoel gaan leeg wees by ons etes, jou braai “skills”, droë grappies en die standaard “Ilse, pak jou goed” los groot gate in ons lewens.

    Dankie vir wat jy vir ons gesin gedoen en beteken het. Die memories is baie, die stories is skreeusnaaks … jy sal altyd ‘n plekkie in ons harte hê.

    RIV Mr B !!!

  17. My friend MR B
    This is not goodbye but see you later my friend.

    Thank you for all the good times we had, from the countless braais we had all over the country from camping to fishing trips, and even to DSTV studios.
    The deep discussions we had over countless coffees, will always be with me.
    Thank you for all the memories on all the road road trips around that country we did together.
    Thank you for all the help offered and given to our family over the years.

    In the beginning you were a good friend but became family.
    You are missed and loved.

  18. Oom Ben…. Waar begin ek…

    My hart is gebreuk hier waar ek nou sit. Ek gaan oom se drukkies, skerp kommentare en snaakse stories mis. Oom was vir soveel jare ‘n groot deel van my lewe. Oom was soos my eie familie. Daar het nooit ‘n geleentheid verby gegaan wat oom nie saam opgewonde was en saam gevier het nie. Dankie vir wie oom was in ons lewens. Dankie dat oom omgegee het oor my soos een van jou eie kinders. Dankie dat oom my lief genoeg gehad het dat jy jou brannewyn met my gedeel het. Ek sal oom veraltyd in my hart koester.🤗 Oom word baie gemis!
    RIV Mr B!!

    Liefde Assie❤️

  19. RUS sag Ben. Ons weet dat jy by Jesus is. Dis seer vir jou familie maar ons weet dat jy nooit sal wil plekke ruil nie. Ons is eersdaags oppad. Dan kuier ons weer lekker.

  20. Oom Ben. Ek weet nie wat om te se nie. My hart is seer. Ek is so jammer dat ek het nooit daai chocolate vir jou gekoop nie. Baie dankie dat jy jou huis oop gemaak het vir my. Baie dankie vir all die lag wat ons saam gehad het, die lekker braai en die lekker adventurers wat ons saam gehad het. Ek gaan die families vakansie mis. Ek gaan oom miss.

Leave a Reply to Chantelle Lowery Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *